Loading...
Image

oor / about Con Spirito

Con Spirito, wat in 2003 gestig is

Con Spirito is ‘n unieke Kultuurvereniging, Kultuur met Geesdrif, wat in 2003 gestig is. Ons is passievol oor kultuur en wil graag vir elke kind die geleentheid skep om sy/haar talente uit te leef . Ons is daar vir enige vorm van kultuur. Die Vereniging wil graag: • Kultuur bevorder • Geleenthede skep • Talent ontdek en ontwikkel

Kultuurkompetisies van verskeie aard word jaarliks aangebied wat geleentheid bied aan die wat nie altyd ‘n kans kry in sy/ haar skool nie. Enige skool/organisasie mag deelneem aan Con Spirirto. Privaat inskrywings word ook aanvaar. Con Spirito Brosjure

Con Spirito is a unique Cultural Society, Culture with Enthusiasm, which was established in 2003. We are passionate about culture and would like to give every child the opportunity to live out his / her talents We specialise in any form of culture and we aim to: • Promote culture • Create opportunities • Discover and develop talent

Various kinds of cultural competitions are presented annually to offer opportunities to those who are not always presented with such a prospect in his/her shool. Any school/organisation may participate in Con Spirito. Private entries are also accepted. Con Spirito Brochure

Image
Lizelle van Staden

Besturende Direkteur:

oor / about Lizelle

Lizelle van Staden

Lizelle is 'n oud-onderwyseres met passie vir die kunste, kultuur en Afrikaans!

Sy het in 1980 by Windhoek Hoërskool gematrikuleer en het daarna onderwys in Pretoria studeer. Sy het vir 10 jaar onderwys gegee maar tree in 2005 uit die onderwys uit om haar liefde vir kultuur te gaan najaag.

Vanaf 2005 tot 2017 is sy aktief betrokke by die ATKV as landswye Redenaars- en Debatsorganiseerder vir skole, asook die ATKV-Universiteitedebat. ‘n Passie wat sy vandag nog volgehou voorsit deur haar betrokkenheid asook beoordeling van redenaars kompetisies by skole.

Tydens haar onderwysjare het sy ook verskeie laerskool junior- en seniorkore asook revues afgerig. Sy stig die ATKV-Animato Koorkompetisie (nie-skool kore) en het dit vir 10 jaar saam met die ATKV bedryf.

Tans is sy die direkteur en stigter van die nasionale Animato A Capella Sangkompetisie wat op Stem Saam op Via TV-Kanaal uitgesaai word.
In 2021 is ‘n nuwe Nasionale Debatskompetisie gestig wat baie gewild onder die skole is en wat steeds in getalle toeneem.

In 2003 het haar passie vir die kunste en kultuur daartoe gelei dat sy die Con Spirito Kunswedstryd stig waarvan sy tans die enigste direkteur is. Hierdie kunswedstryd vind jaarliks landswyd plaas by skole.

Lizelle is ook huidiglik ‘n deeltydse musiekonderwyseres en kerkorreliste in haar vrye tyd.


Image
Zelmarie Maré

Bemarker en Organiseerder:

oor / about Zelmarie

Zelmarie Maré

Zelmarie Maré is ‘n Oos-Gautenger en het by Hoërskool Oosterlig in Boksburg gematrikuleer. Sy het haar Bcom Bemarking- en logistiekebestuur graad aan die Universiteit van Johannesburg verwerf. Sy het vir ‘n aantal jare in die korporatiewe wêreld gewerk, maar uiteindelik besluit om in haar passie, wat kultuur is, te spesialiseer.

In 2010 word Creativum toesprake/ speeches gestig. Dis die skryf van toesprake op verskeie vlakke. Van redenaarstoesprake vir skool leerders tot toesprake vir volwassenes

Zelmarie se passie het nie hier gestop nie en vanaf 2018 het sy leerders begin afrig. Creativum het reeds drie takke, Boksburg, Alberton en aanlyn. Dis vir haar ‘n groot behoefte dat leerders op hulle eie twee voete kan staan, dink en hulleself te laat hoor. Daarom is dit haar doelwit dat die redenaars en drama klasse kinders help om as sterk volwassenes uit te tree.

Aangesien haar ma, Lizelle van Staden die stigter van Con Spirito Kunsvereniging is, het sy al vir ‘n klomp jare betrokke by die kompetisies. Vanaf 2022 het sy op ‘n meer permamente basis betrokke geword, veral as bemarker. Nes haar ma is dit in haar bloed om kultuur te bevorder en dis ‘n eer om dié passie met haar te deel.
 

Image
Leoni Boucher

Projekorganiseerder Aanlyn en kleuterskole kompetisies, Admin navrae:

oor / about Leoni

Leoni Boucher

Leoni Boucher het in 1996 aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit haar BA Geesteswetenskappe graad verwerf.

Sy was vir baie jare ‘n tuisteskepper en het in 2017 as kleuterskool hoof begin werk. Na 8 jaar was dit tyd vir iets anders en sy sluit in 2025 deeltyds by Con Spirito aan.

Sy is tans ook ‘n onderwyseres by ‘n Engelse privaatskool.

Leoni is gek oor kinders en geniet dit om na jare van deel wees van kunswedstryde gehore, nou deel te wees van die organisering en beplanning.